stitcherLogoCreated with Sketch.
Get Premium Download App
Listen
Discover
Premium
Shows
Likes
Merch

Listen Now

Discover Premium Shows Likes

WAT Met Willim Welsyn Podcast

171 Episodes

119 minutes | Nov 4, 2020
Episode 171. - Neil Sandilands (Deel 2 van 2)
Op hierdie tweede deel van my gesprek met Neil Sandilands gesels ons oor acting, songwriting, existentialism, die mag van die moontlikheid, Koos Kombuis, Rian Malan, Howard Stern, Don Rickles, Antjie Krog, Karel Schoeman en ja, Nietzsche. Ondersteun asb my Blitzkriek Braaikaaster kitaarrooster crowdfund campaign ten bate van Bert, Boetie, Novi en die Ladismith-gemeenskap hier: www.williamwelfare.com of op www.thundafund.com/project/6551477109653508 Support ook gerus die WAT Podcast, indien jy sou wou: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213
128 minutes | Aug 28, 2020
Episode 170. - Neil Sandilands (Deel 1 van 2)
Neil Sandilands kom al die pad van Hollywood af om te kom kuier in ’n garage in Bellville vir die eerste, offisiële WAT Podcast episode van 2020. Neil is ’n veelsydige akteur, filmmaker, musikant, songwriter en hy is ’n export. Ons braai en gesels oor sy kinderdae in Randfontein, rugby, filosofie, die rolle wat hy vertolk het in die TV-reekse Meester, Konings en Orion, onder andere. Ons gesels ook oor Hollywood en sy nuwe song Die Ballade van Frik & Dot, oftewel, "Goue Graal".   Support die WAT Podcast, indien jy sou wou: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213
11 minutes | Jun 17, 2020
Episode 169. - Wen 'n Braaikaaster Met Bootstrap Fest
Hallo. Lanklaas, ek weet. Otherwise, you well? Hierdie Saterdag die 20ste Junie, tussen 13h00 en 19h00 hou ons BOOTSTRAP FEST. Jy kan ’n Blitzkriek Braaikaaster wen. Hoe? As jy R200 skenk, jou bewys van betaling, jou naam en van stuur na williamwelfare@gmail.com toe, dan is jy deel van die lucky draw op Saterdag. Die raffle sluit Vrydagaand 19 Junie, 21h00 en ons doen die live draw tussen 13h00 en 19h00 gedurende die BOOTSTRAP FEST op Facebook. Vir die Braaikaaster Raffle, skenk gerus hier: JWF Barnard FNB Cheque/Current: 62708797298 Branch: 200213 Email POP, naam en van na williamwelfare@gmail.com As jy klaar ‘n Braaikaaster het, kan jy die fees hier ook ondersteun: STRAB Productions ABSA Current account 4078290413 Branch: 335645 Reference: Bootstrap Hierdie is ‘n GRATIS show vir ‘n goeie doel, alle fondse wat ingesamel word is ten bate van die Somerset West Night Shelter, die Feed Malongane Initiative en natuurlik ook die kunstenaars wat Saterdag gaan optree. Bootstrap Fest, in samewerking met die awesome #STRAB-span en die topklas mense by Orgasmic Music Gallery, sien uit om julle Saterdag te check! Ons het die Valiant Swart Band, Mr. Cat & the Jackal, Warongx en die Willim Welsyn Band op die spyskaart. Mr Miles Keylock gaan julle ook verras met ‘n paar special guest interviews op die dag tussen die band change-overs. 😎 Julle almal is genooi!
187 minutes | Dec 22, 2019
Episode 168. - Louis Duvenage van Orwellington en Raaskopleef
Op hierdie laaste episode van die jaar en van die dekade gesels Willim met Louis Duvenage van die band Orwellington oor hul nuutste album Die Angstige Avonturier. Louis is ook die founding member van die destydse Boland Punk band Raaskopleef. Hy praktiseer as prokureur en help in sy vrye tyd met die administrasie van die Wellington Krieketklub en die Breytenbach Sentrum. Hulle gesels oor Bellville, Wellington, Stellenbosch in die 90s, die army, London, die begin van Boland Punk, Louis se vriendskap met Almuir Botha, die Voëlvry beweging, Dirk Ace, Valiant Swart, Koos Kombuis, Madonna, Bernoldus Niemand, 80s popmusiek, Breyten Breytenbach, krieket en oor ’n hele klomp ander dinge ook. 2020, hier kom ons.
95 minutes | Jun 4, 2019
Episode 167. - 'n Huldeblyk aan Piet Botha
Op hierdie spesiale episode deel Willim sy gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel hy vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel. Piet Botha is oorlede op die 2de Junie 2019, hy was 63 jaar oud.
82 minutes | Apr 5, 2019
Episode 166. - The Robfather
Robert Scholtz is The Robfather, aka DJ Robfather en hy werk al sedert die 90s in die musiekbedryf. Hy’t al ge-DJ by events, feeste en gigs saam, voor en na ’n magdom Suid-Afrikaanse kunstenaars en bands soos Trompies, TKZ en Boomshaka tot Aking, Taxi Violence, Jack Parow, Gazelle, Bittereinder, Fokofpolisiekar, BEAST, Lark, PH Phat, Prime Circle, Hellcats, Black Cat Bones en Stoker. Hy’t ook al by internasionale shows ge-DJ saam met Wanton Bishops, Yellawolf and hy was die toer-DJ vir The Pixies en onlangs ook The Cure toe hulle hier kom kuier het. Rob kom kuier in die garage en ons gesels oor al die plate en CD-shops waar hy al gewerk het, sy eerste paar gigs as ’n Kwaito DJ, die sielkunde van ’n goeie playlist en hoe om mense op die dansvloer te hou, maar ook seker te maak hulle koop genoeg drank by die bar.
102 minutes | Mar 15, 2019
Episode 165. - Sannie Fox
Singer-songwriter Sannie Fox grew up with roots between Cape Town and London has played in South Africa, UK, Asia, Scandinavia and Europe. She is currently based in London and stopped by the garage recently while visiting Cape Town for some shows. We talk about her first bands, her famous family members, the start and end of Machineri, her evolution as a solo artist and her latest album My Soul Got Stranger.
90 minutes | Mar 8, 2019
Episode 164. - Deon Maas
Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus JMK@JONATHANBALL.CO.ZA, dis gratis. Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.
70 minutes | Dec 14, 2018
Episode 163. - Best Of 2018 (Deel 1)
In hierdie eerste uitgawe van WAT se Best Of 2018 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Francois Van As, Kobus Galloway, Willem Samuel, Hendré Pretorius, Gerdus Oosthuizen, Le Roi Nel en Arno Carstens. Geborg deur http://www.live-now.co.za 
78 minutes | Nov 30, 2018
Episode 162. - Suné Halderman en Conrad Jamneck
Suné Halderman book die bands en artists by Jägermeister presents Up The Creek  Music Festival en Conrad Jamneck is die fees se technical director. Hulle kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter dié legendariese fees se skerms gebeur, hoe mens ’n stage in die middel of reg langs die Breede Rivier bou en hoe om seker te maak dat almal altyd ’n goeie tyd het.  Up The Creek gebeur tussen 7 en 10 Feb. 2019 - gaan koop jou kaartjies op https://www.upthecreek.co.za/tickets Geborg deur http://www.live-now.co.za 
185 minutes | Nov 22, 2018
Episode 161. - JC Visser
JC Visser speel baskitaar in Mr Cat and The Jackal en vir Arno Carstens se band, maar meer as dit is hy ook ’n skeppende inventor, entrepreneur, animator en die skrywer van sci-fi fabels. Ons gesels oor musiek, space, planete, kasse wat kan klere was, matrasse wat hulself kan was en steriliseer, robotte en sy nuutste projek: ’n aanlynbemarkingsplatform vir content creators en besighede. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.
103 minutes | Nov 15, 2018
Episode 160. - The Black Cat Bones
Willim bel al vier die members van die Pretoriaanse rock band The Black Bones presies twee dae voor die bekendstelling van hul nuutste vollengte album ‘Here Is A Knife’ wat vanaf 16 Nov. 2018 beskikbaar sal wees op alle digitale musiekplatforms. Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop Met trots geborg deur www.live-now.co.za.
90 minutes | Nov 9, 2018
Episode 159. - Pierre Greeff
Pierre Greeff is die hoofsanger en een van die main liedjieskrywers in Die Heuwels Fantasties. Hy kom kuier in die garage en gesels met Willim oor Bellville, Stellenbosch, die dae van Lukraaketaar, die begin van Heuwels, goue plate in space, popmusiek, songwriting en ’n hele ander klomp cool goed. Geborg deur http://www.live-now.co.za 
123 minutes | Nov 2, 2018
Episode 158. - François Haasbroek
François Haasbroek is ’n musikant en joernalis, kartograaf en fotograaf by die WEG-tydskrif. Hy’t onlangs ook twee baie gewilde podcast shows begin: ‘Weg Stories’ en ‘Op Reis Met Weg’. Willim en François was op Ladismith van kleuterskool tot in matriek in die dieselfde klas, dus was daar baie om oor te gesels. Geborg deur http://www.live-now.co.za 
87 minutes | Oct 25, 2018
Episode 157. - Chris Slabber
Chris Slabber is ’n bekroonde grafiese kunstenaar, illustreerder en fotograaf van Oudtshoorn. Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor ’n klomp van sy projekte, die mediums wat hy gebruik, advertising agencies, musiek, kreatiwiteit en al die awards wat hy gewen het. Chris Slabber op Behance: http://be.net/csdandi Geborg deur http://www.live-now.co.za 
98 minutes | Oct 19, 2018
Episode 156. - Michael Cross
Michael Cross is a Durban-based filmmaker who has spent more than 20 years producing documentaries that illuminate artists and individuals. His most recent film, “The Fun’s Not Over – The James Phillips Story” premiered at the 2018 Encounters South African International Documentary Film Festival where it won the Audience Award for Best South African Documentary. James Phillips, who died aged 36 in July 1995, was a composer, musician, bandleader and the voice and conscience of a generation of white South Africans. “The Fun’s Not Over” tells James’ story in his own words and through the voices of journalists like Max du Preez, satirists Zapiro and Pieter Dirk Uys, his musical collaborators and label-mates like Koos Kombuis and Vusi Mahlesela and his friends and family. Willim sits down with Michael for a spiff conversation about it all. Visit: https://thefunsnotover.com/
127 minutes | Oct 4, 2018
Episode 155. - Niel van Deventer
Niel van Deventer is ’n TV en filmvervaardiger van Hartbeespoortdam wat nou onlangs Kaap toe getrek het en is tans besig om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers tot ’n dramareeks te verwerk. Hy was ook die vervaardiger op die fliek ‘Dis ek, Anna’ (wat ses SAFTAs gewen het), wat kindermishandeling aanpak en hoop om met sy verwerking van Pauw se boek die soeklig te laat val op die korrupte Zuma-regime en hoe dit Suid-Afrika geraak het. Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van alles.
59 minutes | Sep 27, 2018
Episode 154. - Annie Klopper (Live By The Book Lounge)
Willim gesels met Annie Klopper voor ’n live audience by die bekendstelling van haar debuut roman - Die Tragiese Saak van Pamina Vermaak – by The Book Lounge in Kaapstad. Annie is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en deeltydse dosent verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
75 minutes | Sep 21, 2018
Episode 153. - Kabous Verwoed
Kabous Verwoed (Hendrik Hancke) is ’n digter, skrywer, voormalige band manager en deesdae ook ’n bekroonde joernalis by Rapport. Kabous kom Kaap toe om twee Media 24 toekennings te wen en op pad terug lughawe toe kom kuier hy vinnig in die garage om vir ons alles te vertel: Die dae toe hy saam met Anton Goosen getoer het, die belangrike rol wat hy in beide Bacchus Nel en Jan Blohm se loopbane gespeel het, sy betrokkenheid by die Sidewalk Café in Sunnyside se movement, hoe hy ’n lewe probeer maak het met sy digkuns en hoe hy onlangs ’n bekroonde verslaggewer geword het. 
88 minutes | Sep 13, 2018
Episode 152. - Laudo Liebenberg
Laudo Liebenberg is die leadsinger en guitarist van aKING. Hy’s ook ’n akteur op die verhoog, tv en die silwerskerm. Willim vra hom uit oor sy kinderdae in Bellville, die dae toe hy in die Fokofpolisiekar-huis gewoon het, sy eerste acting rolle, die begin van aKING, record labels en die stand van sake… tans.
COMPANY
About us Careers Stitcher Blog Help
AFFILIATES
Partner Portal Advertisers Podswag Stitcher Studios
Privacy Policy Terms of Service Your Privacy Choices
© Stitcher 2023