stitcherLogoCreated with Sketch.
Get Premium Download App
Listen
Discover
Premium
Shows
Likes

Listen Now

Discover Premium Shows Likes

Podvoeding

9 Episodes

51 minutes | Aug 11, 2022
Onderwys oor die volgende 200 jaar
Prof. Irma Eloff, ʼn bekende leier in die onderwyssektor, gesels in hierdie episode onder meer oor hoe geen onderwysstelsel die gehalte van sy onderwysers kan uitpresteer nie, hoekom ʼn stelselverandering wel moet plaasvind en hoe ons so ʼn stelselverandering kan teweegbring.
55 minutes | Jul 31, 2022
Skole en gemeenskappe moet hande vat
Die gemeenskap waarin ʼn skool gevestig is, moet in vennootskap met daardie skool staan. Sonder hierdie vennootskap sal jy sien hoe skole tydens vakansies beskadig word, asook hoe skole se infrastruktuur verval en skole se deure uiteindelik gesluit word. Só sê Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), en sy benadruk weereens: Gemeenskappe wat eienaarskap van hul skole neem, bou skole wat floreer.
57 minutes | Jul 13, 2022
Hoe lyk ’n Christelike skool?
Dr. Wikus Buys, uitvoerende direkteur van Begrond Instituut, vertel ons in hierdie episode oor die profetiese deel van onderwys, die aard van ’n Christelike skool en die rol van die gemeenskap in onderwys.
62 minutes | Jun 29, 2022
Karakter, waardes is belangriker as punte
Dr. Jeanette De Klerk-Luttig is ’n kenner in karakterontwikkeling en sy meen karakterontwikkeling in skole is ononderhandelbaar. Daaroor gaan niemand kan stry nie, maar hoe ontwikkel ʼn mens leerders se karakter en dra goeie waardes aan hulle oor? In hierdie gesprek word daar met De Klerk-Luttig gesels oor hoe ʼn mens dit kan doen.
47 minutes | Jun 15, 2022
Plaaslik geanker, maar vir die hele wêreld toegerus
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, gesels in hierdie episode oor die groter prentjie van ons skole se kultuur.
59 minutes | Jun 2, 2022
Opvoeding as ʼn Bybelse opdrag
Ds. Christiaan Jooste gesels in hierdie episode vanuit die Skrif oor die taak om kinders op te voed en te leer, asook wie se verantwoordelikheid dit nou regtig is.
47 minutes | May 19, 2022
Die era van die kind
Hoekom onderrig ons? Wat is die doel van onderwys en opleiding? Is dit om ʼn jong mens so vinnig as moontlik in ʼn beroep in te stoot? In hierdie episode gesels ons met prof. Danie Goosen, akademiese hoof van Akademia, oor hoekom jy leerders in verwondering moet laat oor die ware, die goeie en die skone.
59 minutes | May 5, 2022
Die belewenis van opvoeding
Onthou jy nog daardie een onderwyser wat jou lewe verander het? Johan Koekemoer het gesels met prof. Gawie du Toit, die gasspreker in hierdie episode en die dekaan van opvoedkunde by Akademia. Kom luister na die volledige gesprek boaan hierdie podsending.
57 minutes | Apr 21, 2022
Ja, daar is ’n toekoms vir Afrikaanse onderwys
In hierdie wegspringepisode van Podvoeding gesels ons oor die krisis in onderwys, maar meer belangrik as dit, ook oor die oplossing. Leon Fourie, die gasspreker, is die uitvoerende hoof van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS).
COMPANY
About us Careers Stitcher Blog Help
AFFILIATES
Partner Portal Advertisers Podswag Stitcher Originals
Privacy Policy Terms of Service Do Not Sell My Personal Information
© Stitcher 2022