stitcherLogoCreated with Sketch.
Get Premium Download App
Listen
Discover
Premium
Shows
Likes

Listen Now

Discover Premium Shows Likes

Geld

46 Episodes

4 minutes | May 18, 2022
Oggendoorsig 18 Mei
Wêreldmarkte sak terug vanoggend na ‘n sluiting in die groen in die VSA gister. Die rand hou vas aan die veld wat die geldeenheid gister teen die dollar gewen het. Goud, platinum en olie is goedkoper vanoggend.
4 minutes | May 17, 2022
Oggendoorsig 17 Mei
Wêreldmarkte is in die groen vanoggend, ten spyte van voortslepende kommer oor groei en inflasie. Die rand hou naby aan gister se vlakke teen die dollar, maar olie styg. Goud is duurder en platinum sak terug.
4 minutes | May 16, 2022
Oggendoorsig 16 Mei
Markte in Asië ry wipplank vanoggend, ten spyte van ‘n positiewe sluiting in die VSA gister. Die prys van goud en olie sak terug vanoggend, maar platinum is duurder. Die rand hou steeds naby R16.10 teen die dollar.
4 minutes | May 11, 2022
Oggendoorsig 11 Mei
Die meeste markte in die Ooste is positief vanoggend na ‘n wisselende sluiting in die VSA gister. Beleggers kyk na inflasiesyfers wat vandag in Amerika bekend gemaak word. Die prys van goud en olie sak terug vanoggend, maar platinum is duurder. Die rand hou steeds naby R16.10 teen die dollar.
4 minutes | May 10, 2022
Oggendoorsig 10 Mei
Markte sak verder vanoggend na nog ‘n negatiewe sluiting in die VSA. Kenners praat van ‘n beermark. Die rand versterk van oornagvlakke teen die dollar. Olie is goedkoper; goud en platinum sak terug.
4 minutes | May 9, 2022
Oggendoorsig 9 Mei
Die markte in Asië is steeds laer vanoggend, met Covid-19 beperkings en inflasie wat beleggers afskrik. Die rand sak terug teen die dollar. Olie hou naby aan Vrydag se prys, bo $110 per vat en goud en platinum sak terug.
4 minutes | May 4, 2022
Oggendoorsig 4 Mei
Beleggers fokus op ‘n aankondiging oor Amerikaanse uitleenkoerse vandag, maar Wall Street se indekse skuif effens op oornag. Die rand wen veld teen die dollar. Goud en platinume styg vanoggend en die olieprys sak terug.
3 minutes | May 3, 2022
Oggendoorsig 3 Mei
Wêreldmarkte is meestal hoër vanoggend, maar vrese oor wat die Amerikaners gaan doen om inflasie te beheer wek steeds kommer onder beleggers. Die rand val terug teen die dollar, goud en platinum is goedkoper en olie hou naby aan $110 per vat.
3 minutes | Apr 26, 2022
Oggendoorsig 26 April
Markte in Asië is weer laer vanoggend, maar dit is vandag ten spyte van ‘n laat oplewing in aandeelpryse in die VSA gister. Goud, olie en platinum sak terug. Die rand verhandel naby aan gister se vlakke teen die dollar.
4 minutes | Apr 25, 2022
Oggendoorsig 25 April
Markte in Asië sak terug vanoggend na ‘n skerp daling in die VSA Vrydag. Dit na die sentrale bank daar aankondig dat meer nodig is om inlasie te beveg. Die goudprys sak en ook platinum is goedkoper vanoggend. Olie hou naby aan die einde van verlede week se vlakke. Die sterker dollar wen nie baie veld teen die rand vanoggend nie.
3 minutes | Apr 22, 2022
Oggendoorsig 22 April
Markte in die VSA sluit laer oornag en dit demp belangstelling in Asië vanoggend. Dit lyk asof die sentrale bank in Amerika rentekoerse met ‘n halfpersent wil opskuif by sy volgende vergadering. Die verwagting druk die dollar op. Goud is duurder, platinum sak en die olieprys hou naby aan gisteroggend se vlakke.
4 minutes | Apr 20, 2022
Oggendoorsig 20 April
‘n Positiewe sluiting in Amerika druk markte in Asië hoër vanoggend. Winsverslae in Amerika het veral die tegnologies-swaar Nasdaq opgebeur gisteraand. Olie sak terug na kommer uitgespreek word oor groei. Goud en platinum sak terug en die rand is swakker teen die dollar vanoggend.
4 minutes | Apr 19, 2022
Oggendoorsig 19 April
Markte in Asië styg vanoggend, ten spyte van ‘n laer sluiting oornag in die VSA. Olie styg skerp oor die langnaweek en platinum is duurder vanoggend. Goud is goedkoper en die rand sak terug teen die dollar.
4 minutes | Apr 14, 2022
Oggendoorsig 14 April
Aandeelpryse is hoër in Asië vanoggend en dit lyk of beleggers glo dat rentekoerse in die VSA naby aan hulle hoogtepunt is. Die sentrale bank in die Europese unie maak vandag ‘n besluit oor rentekoerse daar. Die rand sak effens terug teen die dollar nou, maar platinum en palladium styg. Goud is naby aan gister se vlakke, maar die olieprys is hoër vanoggend.
3 minutes | Apr 13, 2022
Oggendoorsig 13 April
Aandeelpryse is hoër in Asië vanoggend, ten spyte van stygende inflasie en ‘n negatiewe sluiting in die VSA, laat gister. Beleggers sê die inflasiesyfer in Amerika is nie so sleg as wat hulle gevrees het nie. Goud en olie styg, maar platinum sak terug. Die dollar kos nou minder as R14.50.
4 minutes | Apr 12, 2022
Oggendoorsig 12 April
Beurse is laer voor ‘n aankondiging oor Amerikaanse inflasiesyfers later vandag. Voorspellers sê hulle verwag dat inflasie verder daar gaan styg en ook ‘n vinniger styging in rentekoerse. Die rand hou egter steeds kersvas by die dollar. Platinum en goud is duurder en olie verkoop teen dieselfde vlakke as gister.
4 minutes | Apr 11, 2022
Oggendoorsig 11 April
Beurse sak weer terug vanoggend na die VSA meestal terugsak Vrydag. Die goud- en olieprys is laer vanoggend, maar platinum styg na so $980. Die rand versterk teen die dollar.
5 minutes | Apr 8, 2022
Oggendoorsig 8 April
Aandeelpryse is laer vanoggend in Asië, ten spyte van ‘n positiewe sluiting is die VSA gister. Luister na die potgooi vir ‘n opsomming van al die faktore wat markte die week dalk in die rooi gaan sien sluit. Die rand koop minder dollar vanoggend en goud, platinum en olie is goedkoper. Die Tencent-groep sien ook hoe sy aandeel verder terugsak.
4 minutes | Apr 7, 2022
Oggendoorsig 7 April
Wêreldmarkte is in die rooi vanoggend en word laer gedruk deur die (ou) nuus dat Amerika inflasie probeer beveg. Die dollar versterk, wat natuurlik die rand laer druk. Die olieprys sak en so ook goud en platinum.
4 minutes | Apr 6, 2022
Oggendoorsig 6 April
Markte sak terug vanoggend na ‘n aankondiging oor rentekoerse deur die Amerikaanse sentrale bank gister. Olie is naby aan gister se vlakke, ten spyte van verdere sanksies teen die Russe. Goud en platinum sak terug, en so ook die randwaarde teen die dollar.
COMPANY
About us Careers Stitcher Blog Help
AFFILIATES
Partner Portal Advertisers Podswag
Privacy Policy Terms of Service Do Not Sell My Personal Information
© Stitcher 2022