stitcherLogoCreated with Sketch.
Get Premium Download App
Listen
Discover
Premium
Shows
Likes

Listen Now

Discover Premium Shows Likes

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

199 Episodes

29 minutes | Aug 14, 2022
Sondag 14 Augustus 2022 Stephan Briel
Lees: Heb 12:14-24. Fokus: Heb 12:15. Betekenis en gevolge van bitterheid. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. As iemand my ontstig en ek aanstoot neem, wil die Here dit gebruik om die toestand van my hart te openbaar. Om ‘n ander persoon of omstandighede die reg te gee om my waarde en toekoms te bepaal, is afgodery. As ek deur onvergewensgesindheid aan ‘n persoon die reg gee om my waarde en bestemming te bepaal – dan word ek van die genade van God in Jesus Christus afvallig. Vergifnis verwyder die persoon wie verhoog is tot ‘n plek van afgodery, en herstel Christus weer tot die posisie van mag en outoriteit in my lewe. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat keer gelowiges baie keer om te doen wat hulle weet reg is? Hoekom is verbittering afgodery? Hoe word ek vry van afgodery wat kom deur verbittering?
27 minutes | Aug 7, 2022
Sondag 7 Augustus 2022 Hendrik van Deventer
Lees: Johannes 1: 1 - 4 Fokus: Johannes 1: 4 In Jesus is daar lewe.
35 minutes | Jul 31, 2022
Sondag 31 Julie 2022 Stephan Briel
Lees: Luk 6:37-45. Fokus: Luk 6:45. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Mense lewe nie vanuit die teologie in hulle verstand nie – hulle lewe vanuit die motiverings in hulle harte. Die toestand van jou hart bepaal jou woorde en dade – jou lewe. Negatiewe emosies is pyn in jou hart wat wys dat iets verkeerd is. Spoor die oorsprong van jou negatiewe emosies in jou hart op onder leiding van dieHeilige Gees. Vervang die leuens van Satan met die waarheid in Christus (Joh 8:32,36). Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:,/p. Wat keer gelowiges baie keer om te doen wat hulle weet reg is? Hoe moet jy negatiewe emosies hanteer? Wat is gewoonlik die oorsprong van negatiewe emosies? Hoe kom jy vry van negatiewe emosies en gewoonte sondes?
40 minutes | Jul 24, 2022
Sondag 24 Julie 2022 Stephan Briel
Lees: Ef 5:6-20. Fokus: Ef 5:15-17. Verstandiges weet waarom hulle hier is. 1. Betekenisvanverstandigwees. Verstandiges ken die Here se doel met hulle lewens – waarom hulle op aardegeplaas is (v 17). Om jou lewensdoel te verstaan begin by God wat jou Uitvinder is en jouEienaarshandleiding geskryf het. Jy ontdek jou lewensdoel deur ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus. 2. Voordele van verstandig lewe. Jy is instaat om die beste gebruik te maak van elke geleentheid (v 16). Jou lewe is veel eenvoudiger. Jou lewe het sin en betekenis. Jou lewe het fokus. Daar is motivering in jou lewe. Jy word op die ewigheid voorberei. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat beteken dit om verstandig te lewe? Waarom kan jy uit jouself nie jou lewensdoel ontdek nie? Hoe kom jy te wete wat God se doel met jou lewe is? Verduidelik die voordele as jy God se doel met jou lewe ken.
28 minutes | Jul 17, 2022
Sondag 17 Julie 2022 Christiaan Mulder
Lees: 1 Samuel 1 God soek jou hart. Alles gaan oor ‘n verhouding met God.
38 minutes | Jul 10, 2022
Sondag 10 Julie 2022 Joop van Schaik
Lees: Hand. 4:1-22 Fokus: Hand. 4:1-2;7-12;17-20 Tema: Verlossing slegs in die Naam van Jesus Christus – Dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons van Hom hoor, sien en glo nie!
37 minutes | Jul 3, 2022
Sondag 3 Julie 2022 Greg Aucamp
Lees: Hebreërs 4: 12 – 16, 5: 12 – 14, 6: 1 – 3 en 7 – 8. Is jou Bybel ‘n koekmes of ‘n swaard?
29 minutes | Jun 26, 2022
Sondag 26 Junie 2022 Stephan Briel
Lees: Efes 5:21-33. Fokus: Efes 5:33. Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat?
38 minutes | Jun 19, 2022
Sondag 19 Junie 2022 Stephan briel
Lees: 1 Kon 3:1-15. Fokus: 1 Kon 3:9 (OAV). God gee graag aan opregtes onderskeidingsvermoë
31 minutes | Jun 12, 2022
Sondag 12 Junie 2022 Stephan Briel
Lees: 1 Petrus 1:17-21. Fokus: 1 Pet 1:20. God se handelinge in die eindtyd. Petrus wil aan die gelowiges in westelike Klein-Asië perspektief op hulle “vreemdelingskap in die wêreld” (1 Pet 1:17) gee. Hulle en die kerk van vandag moet besef dat ons in die “eindtyd” (1 Pet 1:20) leef. As ons weet wat God se handelinge in die “eindtyd” is, dan sal ons die las van “vreemdelingskap in die wêreld” kan dra en by God se handelinge betrokke raak. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat was God se handelinge in die Ou Testament? Wat was God se handelinge in die Nuwe Testament? Wat is God se handelinge in die “eindtyd”?
30 minutes | Jun 5, 2022
Sondag 5 Junie 2022 Stephan Briel
Lees: Eseg 47:1-12 en Joh 7:37-44. Fokus: Joh 7:37-39. Die strome lewende water van die Heilige Gees. Na aanleiding van Eseg 47:1-9 en Sag 13:1 het die volk geglo dat daar in die laaste dae ‘n stroom water uit die tempelrots gaan kom wat deur die hele wêreld gaan vloei. Hierdie water gaan oral lewe bring. In sy preek op die sewende dag van die huttefees, sluit Jesus juis by hierdie motiewe aan. Met sy woorde sê Jesus dus dat die plan wat God vir die laaste tye gemaak het, in Hom in vervulling gegaan het. Wat die Jode daar by die tempel tydens die huttefees gevier het, het in Jesus waar geword. Hierdie belofte van Jesus het in vervulling gegaan toe die Heilige Gees oor die gelowiges uitgestort is. Op Pinksterdag het die dissipels se lewens begin oorloop van lewende water. Met nuwe vrymoedigheid en krag het hulle begin getuig. Alhoewel ons na Pinkster lewe, is daar tog gemeentes en Christene wie se godsdiens so kragteloos is soos die dissipels s’n voor die uitstorting van die Heilige Gees. Hierdie Christene kan geen getuienis lewer van ‘nspesifieke verhouding of ervaring met die Heilige Gees nie. Vir sommige is die Heilige Gees bloot ‘n krag ofinvloed wat van God af uitgaan. Die Bybel is duidelik dat die Heilige Gees die Derde Persoon van die goddelike Drie-eenheid is. Dit is nie moontlik om die strome lewende water (werking) van die Heilige Gees te verstaan en te ervaar sonder om Hom eers as ‘n Persoon te leer ken nie. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik hoe Jesus se woorde in Joh 7:37-38 op Pinkster in vervulling gegaan het. Vergelyk die dissipels se geloofslewe voor Pinkster met hulle geloofslewe na Pinkster (veral Hand 2-4). Wat val jou op? Is die Heilige Gees vir jou bloot ‘n krag of ‘n Persoon? Het jy ‘n verhouding met die Heilige Gees? Watter persoonseienskappe van die Heilige Gees kom na vore in die volgende Skrifgedeeltes: Rom 8:26-27, 1 Kor 12:11, Rom 15:30, Ef 4:30, Heb 10:29, Hand 5:3, Mat 12:31-32, Hand 7:51
31 minutes | May 29, 2022
Sondag 29 Mei 2022 Stephan Briel
Lees: Psalm 126. Fokus: Psalm 126:1. As die Here ons lot verander, is dit soos ‘n droom! Die Psalmdigter weet: God wat die lot van sy volk in die verlede verander het, kan en wil dit nou weer doen. Ook ons as NT volk van God leef teen ‘n agtergrond van ‘n ingrypende en wonderlike lotsverandering deurJesus Christus. Jy kan daarom oortuig wees dat die Here jou lot wat jy tans beleef, weer kan en wilverander. Hy het jou duur gekoop met sy bloed. Wanneer jy gebruik wat jy het om die droom wat God in jou hart geplaas het na te jaag, sal die Meester op‘n dag intree. Hy sal sy hande bo-op joune plaas en soos in ‘n droom jou lot verander. Hy sal iets neem wat jy as gemiddeld beskou (‘n gawe, talent of vermoë) en sy buitengewone vermoë by jou natuurlike gawes voeg om bonatuurlike dinge te laat gebeur! Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Teen watter ingrypende en wonderlike lotsverandering leef alle Christene? Wat is gewoonlik die proses voordat die Here ons lot verander?Wat is ons verantwoordelikheid tydens die proses voordat die Here ons lot verander?
31 minutes | May 22, 2022
Sondag 22 Mei 2022 Stephan Briel
Lees: Rigters 11:1-12 en 28-40. Fokus: Rigters 11:29. Oorkoming van struikelblokke in jou verlede. Jefta het met verskriklike verwerping en skaamte groot geword. Hierdie ervaring het Jefta geleer om ‘n geharde vegter en leier te word. God gebruik al die swaarkry in jou lewe om jou te vorm vir dit wat Hy vir jou beplan het. Jefta het die tyd van vernedering en verwerping gebruik om sy krygskuns te ontwikkel asook omhomself te verdiep in die Bybel van sy tyd. Elke keer in die OT as die Gees van die Here op ‘n persoon gekom het, het hulle ‘n beslissendeoorwinning behaal oor die vyand. Die Gees van die Here is die versekering dat sy beloftes waar is vir ons lewens. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe het Jefta die struikelblokke in sy verlede oorkom? Wat is die betekenis dat “die Gees van die Here op Jefta gekom” het? Hoekom het Jefta ‘n verdere gelofte teenoor die Here afgelê?
52 minutes | May 15, 2022
Sondag 15 Mei 2022 Nico van der Walt
Preekteks: Joh 1:12-13; 3:3-7 Tema/Titel: Wat op aarde is ’n Christen?  Hoofpunt: Reddende, ervaarbare en waarneembare Christenskap begin met die wedergeboorte. Wat kan ons hieroor uit ons twee teksgedeeltes leer?
38 minutes | May 8, 2022
Sondag 8 Mei 2022 Stephan Briel
Lees: Gen 3:1-6 en Joh 2:12-17. Fokus: 1 Joh 2:16 (1953 AV). Oorwinning van Satan se drievoudige versoekings. Die begeerlikheid van die vlees teer op al ons fisiese liggaamlike behoeftes (voedsel, kleding, seksuele behoeftes, ens) en die vervulling daarvan in die wêreld. Die begeerlikheid van die oë se aantrekkingskrag is gerig op eiebelang en voordeel (gierigheid) en beproef die Woord van God. Die grootsheid van die lewe beklemtoon selfverheffing en selfverheerliking. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat bedoel Johannes met wêreldse dinge? Hoe het die eerste Adam en sy vrou Eva ellendig misluk agv Satan se drievoudige versoekings? Hoe het die laaste Adam, Jesus Christus, Satan se drievoudige versoekings met die grootstewelslae oorwin?
38 minutes | May 1, 2022
Sondag 1 Mei 2022 Stephan Briel
Lees: Daniël 2. Fokus: Daniël 2:14,18. Hoe om die lewe te hanteer wat blyk asof dit buite beheer is.
29 minutes | Apr 24, 2022
Sondag 24 April 2022 Stephan Briel
Lees: Gal 6:7-8 en 1 Tes 5:12-28. Fokus: 1 Tes 5:23. Jy is alreeds nou in jou wedergebore gees wat Jesus Christus is. Paulus sluit ‘n groot aantal riglyne (hoe om op die akker van die Gees te saai) af met ‘n gebed dat God die gemeente na gees, siel en liggaam sal heilig en bewaar. In hierdie onderskeiding van gees, siel en liggaam, lê die sleutel hoe God ons heilig en bewaar om onberispelik te wees tot wanneer ons Here Jesus Christus weer kom. Die sleutel lê in ons gees, want ons is alreeds nou in ons wedergebore gees wat Jesus Christus is. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Verduidelik die onderskeid tussen gees, siel en liggaam. Watter deel het nuut geword met ons wedergeboorte (vgl 2 Kor 5: 17) en wat is die invloeddaarvan op die res van ons wese? Hoe kan ons die werke van die vlees in ons lewens oorwin?
26 minutes | Apr 17, 2022
Sondag 17 April 2022 Christiaan Mulder
Lees: Lukas 17: 11 – 37 en Psalm 46: 1 – 11 Die teenwoordigheid van God. Immanuel, God met ons
39 minutes | Apr 15, 2022
Goeie Vrydag 15 April 2022 Stephan `Briel
Lees: Joh 19: 28 - 30. Fokus: Joh 19: 30. Die sesde Kruiswoord: “Dit is volbring!”
45 minutes | Apr 10, 2022
Sondag 10 April 2022 Stephan Briel
Lees: Joh 19:28-37. Fokus: Joh 19:28-29. Die vyfde kruiswoord: As beloofde Messias was Jesus volledig God en mens aan die kruis. Met die vyfde kruiswoord “Ek is dors”, word Jesus se menslikheid beklemtoon. Hoekom was Jesus se mensheid so belangrik? Omdat dit ‘n vereiste is om volmaak versoening te doen vir ons mense se sondes. Dat die Verlosser ‘n ware mens moet wees, is ‘n heilige moet. Dit is trouens die mens wat gesondig het. Daarom moet die Verlosser wat vir ons sondes kan betaal ook ‘n mens wees. Die enigste verskil tussen Hom en ons moet wees dat Hy geen sonde moet hê nie (Heb 7:26,27). Dit is vanself sprekend. Net soos iemand wat self bankrot is ander mense nie van hulle bankrotskap kan red nie, so kan iemand wat self skuldig staan omdat hy ‘n sondaar is, ander nie van hulle sondes verlos nie. Maar die Verlosser moet ook waarlik God wees. Geen mens, ook nie ‘n sondelose mens, se krag en uithouvermoë is voldoende om God se straf op die sonde te kan dra en die vlamme van sy toorn oor die sonde te blus nie. Daarom moes ons Verlosser ook waarlik God wees aan die kruis sodat sy goddelike natuur sy menslike natuur kan versterk om God se straf en toorn op ons sondes te kan dra. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat is die vereistes waaraan Jesus moes voldoen as Messias? Het Jesus as mens enige erfsonde gehad? Hoe kan ons effektiewe fonteine van lewende water wees in hierdie sonde-gevalle wêreld? (vgl Joh 7:37-39)
COMPANY
About us Careers Stitcher Blog Help
AFFILIATES
Partner Portal Advertisers Podswag Stitcher Originals
Privacy Policy Terms of Service Do Not Sell My Personal Information
© Stitcher 2022